African Vineyard nooi julle uit na ‘n onvergeetlike Langtafel-ervaring op 16 November 2024, wat propvol heerlike kos, gesellige atmosfeer en vermaak sal wees. Hierdie gesogte geleentheid begin om 18:00, en sluit ‘n vyf-gang maaltyd in wat deur die talentvolle Anel Marais van Kokkedoor Vuur & Vlam saam met ons eie Sjef Jaco voorberei word. Geniet die aand saam met lewendige musiek deur Jonelda van Heerden en ‘n dans met DJ Waldo van Dynamic Vibez.
Dit is die perfekte geleentheid om die jaar saam met jou vriende, familie of kollegas af te sluit. Die wyn op die tafels word verskaf deur Oranjerivier Wynkelders, en ’n kontantkroeg sal beskikbaar wees vir verdere drankies.
Let asseblief op: Om die aand nog meer spesiaal te maak, sal ons ook die rugbywedstryd Suid-Afrika teen Engeland om 19:40 uitsaai!
Kaartjies vir hierdie eksklusiewe Langtafel Ete is beskikbaar teen R490 per persoon. Bespreek jou plek vroegtydig, aangesien kaartjies beperk is. Ons moedig jou aan om jou eie Langtafel saam met jou groep te bespreek vir ‘n meer intieme en persoonlike ervaring.
Voor die Langtafel sal ons jaarlikse Kunsuitstalling plaasvind van 16:00 – 18:00. Hierdie uitstalling bied jou die geleentheid om werke van verskeie plaaslike kunstenaars te bewonder. Toegang tot die uitstalling is gratis vir diegene wat net die kunswerke wil kom kyk.
Die kunswerke sal ook beskikbaar wees vir besigtiging vanaf 18 November tot 8 Desember, daagliks van 10:00 – 16:00, en Sondae van 10:00 – 13:00.
Vir besprekings of verdere inligting, kontak
Elmarie by 083 461 1724.
Vyf-gang Spyskaart vir Langtafel Ete:
1. Welcome drink met African Vineyard Dolmades.
2. Gerookte bees carpaccio met balsamiese en tiemie-kaviaar, roomkaas, mosterdspruite, ingelegde pampoen en beet-cwikła, bedien met kolegeroosterde suurdeegbrood.
3. Swartpeper-koftas met romerige Guinness-sous op Isijingi, gegarneer met mikrokruie.
4. Kolegeroosterde peer met bokkaas, gekonfijte pekanneute op ’n baba-spinasie en spekboom slaai, bedien met bloukaas-krummels.
5. Stadig geroosterde, ontbeende lamsboud gemarineer in kruie en Dijon-mosterd, bedien op roosmarynbotterboonpuree met broccolini en brandewyn-pepersous.
6. Nagereg: ‘n gedeconstrueerde S’mores – sjokolade-gevulde platbrood met soutkaramelsous, vanielje-roomys en verkoolde meringue.
Moenie hierdie unieke Langtafel en kunsgeleentheid misloop nie! Ons sien daarna uit om jou te verwelkom by African Vineyard op Kanoneiland.
Vriendelike groete,
Die African Vineyard-span
Anel Marais
Jaco Kriel
Orange River Cellars