Ons wil graag ons opregte waardering uitspreek aan elkeen wat gisteraand se geleentheid bygewoon en ondersteun het. Dit was ‘n ongelooflike aand vol vreugde en musiek, en ons is so dankbaar vir julle teenwoordigheid.
‘n Spesiale dankie gaan aan Nataniel en Charl Du Plessis vir hul buitengewone vertonings wat ons harte geraak het.
Dankie aan African Vineyard se spysenieringspan onder leiding van sjef Benitha vir die heerlike etes wat ons gaste kon geniet. Ons waardeer julle en die res van die personeel se toewyding en harde werk.
Yolandi van All About Events, Lize en Mosdop van Orange River Cellars, en Waldo van Dynamic Vibz vir die pragtige aanvullings en bydraes tot die aand. Julle het werklik bygedra tot die sukses van die geleentheid.
Dankie aan Attie Steenkamp vir die professionele hantering van die klank wat die atmosfeer versterk en bygedra het tot ‘n onvergeetlike vertoning.
Baie dankie aan almal vir julle deelname en ondersteuning. Ons kan nie wag om in die toekoms weer sulke wonderlike geleenthede saam met julle te deel nie.
Met opregte dankbaarheid.
African Vineyard Span
#africanvineyardevents #fullybooked