Ons wil net ‘n oomblik neem om ons opregte dankbaarheid aan die Keimoes Boerevereniging uit te spreek vir die ongelooflike sukses van die boeredag. Dit was ‘n dag van vreugde, eenheid en die viering van ons
pragtige kultuur en erfenis. Sonder jul harde werk en toewyding sou dit nie moontlik wees nie.‘n Groot dankie gaan ook uit aan Jakkie Louw Amptelik wat by ons tuisgebly het gedurende sy besoek. Jou teenwoordigheid het die dag net nog spesiaal gemaak en ons is dankbaar vir die musiek, die glimlagte en die inspirasie wat jy met ons gedeel het.
Ons is ongelooflik dankbaar vir die wonderlike gemeenskap waarin ons leef. Mag ons voortgaan om mekaar te ondersteun, lief te hĂȘ en ons kultuur hoog te hou. Dankie dat julle deel is van ons pragtige dorp Keimoes!